TUIS

Woensdagaand 1 Julie op Pasella.

Woensdag 1 Julie maak ons kos in die Middellande, ontmoet Shark en Springbokrugbyspeler Jannie du Plessis, jag saam met tiere in die middel van die Karoo, leer ken ons twee Idols Jason Hartman en Sasha-lee Davids en maak ons eie organiese middels vir 'n 'groener lewe'.


Jannie du Plessis in die middel

Ons kuier in Durban by Springbok- en Sharks-stut Jannie du Plessis en leer ken hom beter.

Middellande se kontreikos

Ons kook by drie restaurante in KwaZulu Natal se Middellande en probeer om so ‘n happie van hul omgewing te geniet.

In die middel van kontroversie

Ons ontmoet die twee Idols-wenners, Jason Hartman en Sasha-lee Davids en bederf hulle met ‘n uitstappie na ‘n wildsplaas.

Organiese leef is groener leef

Ons probeer ons omgewing sagkens behandel deur te soek na planne om in en om die huis minder chemiese middels te gebruik.

Suid-Afrika, jou tier!

Ons is in die middel van die Karoo waar ons 12 tiere uitsnuffel en agter die kap van dié streepbyl wil kom.

Maak seker jy lees ons aanbieders se weeklike blogs wat onder Aanbiedersforum verskyn asook Pasella tuinvrou, Anna Cilliers se tuinblog wat onder Tuinforum verskyn!

Wat was hierdie week jou gunsteling insetsel?

Jannie du Plessis in die middel
Middellande se kontreikos
In die middel van kontroversie
Organiese leef is groener leef
Suid-Afrika, jou tier!


Kliek hier vir ons Stersoek-kompetisie




Kliek hier om ons kookboek te bestel