TUIS
Minki Visser

Ek het in Mei 2007 by die Pasella-span aangesluit. Ek is mal daaroor want ek wou nog altyd graag in die TV-bedryf werk – dus ʼn droom wat waar geword het. Ek kan beslis sê dat my man ook baie hierby baat, want my kookvaardighede het aansienlik verbeter danksy Pasella! Die doen-dit-self-insetsels geniet ek nogal meer as wat ek sou kon raai – is mos maar een wat nie té gretig is om my hande vuil te maak nie.

Buiten Pasella, het ek en my man in Februarie 'n restaurant, The Library, in Stellenbosch oopgemaak. Dit was nog altyd een van sy doelwitte en ek is ongelooflik trots op hom. Hoewel dit tans rof gaan, glo ek ons sal op die lang duur die vrugte pluk. Tussenin doen ek nog modelwerk, maar noudat ek getroud is, is dit nie meer vir my lekker om so baie uithuisig te wees nie. Ek’s nou ʼn regte huishen en is mal daaroor. Ek is ook betrokke by die liefdadigheidsorganisasie Tygerbeer en haal my hoed af vir die mense wat daar werk- dit is beslis ʼn saak van liefde waarmee hulle besig is.

Besoek gerus my webwerf by:
www.minkivanderwesthuizen.com

Kliek hier vir Minki se blogs

Minki se klere van:

Old Khaki


www.oldkhaki.co.za/
Tel: 021 464 5800
E-pos: info@oldkhaki.co.za

Desray Fashions


www.desray.co.za
Eenheid A304, The Old Buscuit Mill
Albertstraa 373, Woodstock
Tel 021 448 2887

Minki se horlosies van Toywatch
Toywatch SA (Pty) Ltd
Tel: 082 570 9099
Niel Viljoen
Eenheid 2, Pasitastraat 19, Rosenpark, Durbanville

Foto's van Max Models



Maak seker jy lees ons aanbieders se weeklike blogs wat vanaf 1 Oktober 2008 onder Aanbiedersforum verskyn!



Kliek hier vir ons Stersoek-kompetisie




Kliek hier om ons kookboek te bestel