Maak 'n Afdruk Afdruk

Dowwe Dolla, Dries Millard en Nagligte

Dries Millard Pasella

Dowwe Dolla, Dries Millard en Nagligte

Ons kuier by Margit Meyer Rodenbeck se teater, ontmoet die inspirerende Dries Millard en kuier saam die rockers, Nagligte.

Margit Meyer-Rödenbeck of Dowwe Dolla weet beslis hoe om ‘n gehoor uit haar hand uit te laat eet. Maar Dowwe Dolla is maar net een van baie rolle wat sy vertolk. Margit is die mede-eienaar van haar eie teater in Durbanville en sy skryf gereeld toneelstukke vir kinderteater.

Dowwe Dolla Pasella

Met 'n meestersgraad in teaterbestuur aan die Universiteit van Stellenbosch het Margit en haar man, Jurg, die teater en restaurant in 2005 oopgemaak en daardeur ‘n gewilde platvorm vir Afrikaanse kunstenaars geskep. Ons ontmoet ook haar dogter, 7 jarige Luca, wat net so skerp is soos haar ma!

Dries Millard Pasella

Op 18 jarige ouderdom het ‘n blink toekoms in rugby voor Dries Millard gelê, maar ‘n motorongeluk in sy matriekjaar het sy lewe ingrypend verander. Ten spyte van net 18% beweeglikheid het hy 8 jaar later steeds sy droom om Suid-Afrika in ‘n sportsoort te verteenwoordig verwesenlik. Hy ry branderplank vir Suid-Afrika en het al in die aangepaste branderplankry kampioenskappe in Kalifornië deelgeneem. Hy is self 'n branderplankry-afrigter en ook 'n motiveringsspreker.

Nagligte Pasella

Nagligte is ‘n alternatiewe rock-groep wat verlede jaar ‘n album-kontrak met een van die grootste platemaatskappye ter wêreld geteken het. Die manne van Nagligte het miskien nie jou tipiese rockers-profiel nie. Al drie is getroud met kinders, woon in die Kaapse voorstede en het sogenaamde “regte werke” wat hulle bedags doen, maar hulle kan verseker musiek maak!

Bedankings:

Die Boer
E-pos: navrae@dieboer.com
Web: http://www.dieboer.com/

HTS Drostdy
Web: http://htsdrostdy.co.za/

Vudu Surf Shop
E-pos: info@vudusurf.com
Web: http://www.vudusurf.com/

[sluit venster]