SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

20 Julie 2011: Tuinskildery

Maak 'n Afdruk Afdruk
Tuinskilderyraamwerk 'n Dooie stuk plaveisel is regtig nie kos vir 'n tuinier se siel nie, maar met 'n bietjie inspirasie kan Willie se volgende wenk jou aanspoor tot 'n kreatiewe tuinsessie.

Willie begin deur 'n groot, reghoekige stuk uit die plaveisel te haal en op te vul met lekker tuingrond. Daarna laat maak hy 'n ysterraam, met 'n paar krulle en draaie as patroon, volgens die reghoekige stuk se mates. Indien jy nie 'n raam wil laat maak nie, kan jy 'n paar ou diefweringstukke langs mekaar pak en die reghoekige stuk volgens hierdie mates uithaal.

Nou begin die kreatiewe deel. Om die ysterraam se patrone te aksentueer, gaan ons dit vul met verskillende tipes en kleure, laaggroeiende plante asook 'n paar spoel klippies vir tekstuur.

Willie gebruik die volgende plante;
Zoysia-gras – hierdie gras het 'n baie sagte tekstuur en is lig groen van kleur.
Vetplantrosie – ook bekend as die Echeveria elegans.
Sedum – hierdie is 'n pragtige plantjie wat baie min aandag nodig het, groei maklik en vinnig en vorm 'n baie digte mat.
Goue mos – baie mense onderskat hierdie plantjie en dit is eintlik ideaal vir sonnige areas.

Willie gebruik klein, natuurlike spoelklippies om die hele projek bymekaar te bring. Die ligte kleure sal die plantjies se helder groen kleure na vore bring. Maar die keuse bly joune oor watter kombinasies jy wil gebruik.
Laaggroeiende plantjies
Groen plantjies in tuinskildery raamwerk
Tuinskildery in plaveisel
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development