Drie van die mees op en topste haarsalonneVir ons derde episode van seisoen 27 is Pasella op en top met die nuutste haarstyle. Idols-wenner, Paxton Fielies, neem haar susters-kind na ‘n haarsalon, wat spesifiek op kinderstyle fokus. Dit is genoem KidStation en jy het verseker nog nooit sulke kleurvolle salon gesien nie! Die hare waai op ‘n manne-afspraak saam met Paul Rothman en Martin Bester by ‘n baardsalon genoem Freedom Hair. Ons hoor wat als nuus is met Martin en albei manne kry hul beurt in die stoel. Laastens wys een van die top haarkappers in die land, Candice Mckay, ons die nuutste neigings en bederf Amalia met ‘n haar-behandeling net betyds vir ‘n voorblad-fotosessie met Sarie-tydskrif. Kyk die volle episode:
Bedankings: Freedom Hair Barbering & Coffee KidStation Wyatt Hairdressing & Barbering
|