 |
As groot kolle waterskade jou huismure ontsier, is dit belangrik om 'n spesialis in te kry om die oorsprong van die probleem te identifiseer. Pasella selfdoen-ghoeroe, Karin Cronjé, wys ons hoe maklik dit is om die skade aan die oppervlak te herstel.
Jy benodig: 'n Stuk plastiek – om jou vloere te beskerm Fyn skuurpapier Besem en skoppie Sponsie Bleikmiddel Vogwerende verf Kwas Kleurverf
Begin deur jou werksarea leeg te kry en sit dan die plastiek neer om die vloere te beskerm. Skuur eers al die kolle en watermerke weg, hou sommer die skoppie byderhand sodat jy al die stof kan opvang. Sit nou 'n bietjie bleikmiddel op die sponsie en vee oor die hele area. Dit verseker net dat die muf en al die goggas wat in die muur skuil, finaal 'n stille dood sterf.
Voor die volgende stap moet jy seker maak dat die muur kurkdroog is. Voel met die agterkant van jou hand... Wanneer die muur deeglik droog is, kan jy met die volgende stap begin. Verf die muur met die eerste laag vogwerende verf. *Verf in dwars- en kruishale oor al die aangetaste dele. Wag tot die emaljeverf droog word tussen die lae.
Dit neem gewoonlik 4 ure, maar volg ook die verskaffer se instruksies op die blik – geduld gaan jou moeite beloon.
*'n Goeie wenk is om altyd die blik verf te merk met die naam van die vertrek wat jy verf.
|