SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

7 Desember 2011: Willie maak kersgeskenk

Maak 'n Afdruk Afdruk
willie se geskenk

Benodighede:

Ou lekkergoedblikkie

Ou broodbord

2 skroewe

Skroewedraaier

Indraaihakies

Tang

Dik, sterk tou

Skêr

Plantsak

Bindtou

Potplant

Verwyder die blikkie se deksel en plaas dit aan die onderkant van die broodbord. Maak twee merkies op die broodbord waar die blikkie moet vaskom en draai jou skroewe in die broodbord in. Haak die blikkie nou aan die bord vas. Vir die ophang, draai Willie die twee indraaihakies aan die bokant van die broodbord in – sydelings aan weerskante van die bord. Knoop nou die tou aan beide die hakies vas en maak seker dis die regte lengte vir ophang. Onthou om vooraf dreineringsgate aan die onderkant van die blikkie in te boor. Haal nou jou gekose potplant uit sy kwekeryhouer en druk dit lekker stewig vas in die blikkie. Daar behoort genoeg grond in te wees.

Verpakking:

Die hele geskenk word in 'n plantsak geplaas wat na die tyd sommer weer gebruik kan word om 'n boom in te plant. Maak vier gaatjies in die sak, twee op elke flap en ry die bindtou deur. Bind die sak toe en maak die tou lank genoeg dat dit ook as handvatsel kan dien.

willie se geskenk
willie se geskenk
willie se geskenk
willie se geskenk
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development