Rumacques en die Dolphin krieketspan word bederf met ‘n vuurwarm spyskaart in Durban by die Fudart StrEATERY se oranje bus. Dié ikoniese 1978 Bedford Bus is ‘n welkome gesig in Durban se strate, want hierdie oranje gevaarte is gelyk aan - uithaler-disse. Vir dié episode van Pasella parkeer die trok by die Kingsmead krieketstadion waar die Dolphin krieketspan wag met 'n hongerte wat vir niks skrik nie. Die eerste krieket-toets is in 1923 by die Kingsmead stadion gespeel en is die tuiste van die Dolphin-krieketspan. Die Protea-spin bowler, Imran Tahir en sy seuntjie staan gereed om vir Rumacques ‘n vinnige krieket-les te gee. Dis Pasella, Woensdae 19:30 op SABC2.
|