In dié episode stel Pasella drie verskillende eet-leefstyle op die proef. Studies wys dat tot 70% van die risiko wat jy loop om oorgewig te wees deur jou DNS bepaal kan word. Amalia gesels met Dr. Christa North om agter die kap van dié byl te kom. Sy doen ook self 'n DNS-toets en ons kry die resultate op Pasella. Ons gesels ook met aktrise Christel van den Bergh wat al ‘n tyd terug die DNS-toets gedoen het en haar leefstyl daarby aangepas het. |