Ons verken Namibiƫ

30 Junie 2019

In dié episode van Pasella, besoek ons drie van ons buurlande.

Sasha-Lee maak 'n draai by die Visrivier-canyon en verken die warm waters van Ai Ais. Ai Ais Warmbronne lê in die suide van Namibië. Dit het die onder die rivierbed ontstaan en het ‘n oase in die middel van ‘n droë area geskep. Ai ais beteken brandende water – wat verwys na dié natuurlike warmbronne in die suide van Namibië wat rondom 1850 ontdek is.  

Die Visrivier-canyon is die tweede grootste Canyon ter wêreld, naas die Grand Canyon in die VSA. Dit is 160 km lank, 27 km breed en by plekke amper 550 meter diep.