‘n Lekker restaurant-ervaring, ‘n 5-gang maaltyd met ‘n goeie porsie drama en raaisels is op die spyskaart wanneer jy ‘n Murder Mystery-aand wat maandeliks in die Kaap gehou word, bywoon. Ons intrige speel in Italie af. Ene Cara Basi is die Pink Swan en die slagoffer wat na haar vertoning by ‘n klub raaiselagtig van die dak afgeval het onder verdagte omstandighede. Paul en die res van die geselskap om sy tafel was almal by die vertoning en dus nou verdagtes in ‘n speur-saak. Lekker kos, goeie geselskap, en baie drama, wat meer kan 'n man voor vra? Dis Pasella, Woensdag 28 November 2018 op SACB2.
|