TUIS
Kookboek bestellings

Vandat Pasella kan onthou, hou ons van kosmaak en veral proe! Deur die jare het ons met van die beste kosmense, -foendi’s, sjefs en kreatiewe geeste in ons land gekook. Van hierdie resepte is opgeneem in twee koffietafelboeke, Pasella Kook 1 en 2. Daarin verloor jy jou nie net in hemelse disse nie, maar in allerlei interessanthede oor ons pragland en sy vriendelike mense. Om deur Pasella Kook te blaai, is ʼn reis op sy eie en een wat in elke Suid-Afrikaner se hart en kombuis tuishoort.

Met dié boeke is elke verskoning die regte verskoning om saam met vriende en familie om 'n tafel te kuier. Bestel gerus een teen die uitstekende prys van R150 elk (afleweringskoste uitgesluit).

Hierdie is jou laaste kans om nog ‘n Pasella wit-en-blou-blik asook ‘n Pasella voorskoot te bekom. Bestel jou blik vir net R30 en ‘n voorskoot vir R50 (die pryse sluit nie afleweringskoste in nie). Toe, toe, roer jou want daar is nie meer veel in ons skatkis oor nie!

Vul nou die onderstaande vorm in om jou bestelling te plaas...bestel sommer twee of meer want ʼn beter geskenk kry jy selde!

Besonderhede:

1.Afleweringskoste hang af van die afleweringsadres asook die gewig (dus hoeveelheid) boeke wat bestel word.
2.As jou bestelling geplaas is, sal Pasella jou laat weet wat die totale onkoste saam met aflewering is.
3.Sodra die bedrag op ons bankrekening reflekteer, word die boeke gepos.

Naam:
Van:
Telefoon nr:
E-pos:
Stad:
Fisiese adres van aflewering:
Hoeveel Pasella Kook 1:
Hoeveel Pasella Kook 2:
Hoeveel blikke
Hoeveel voorskote




Kliek hier om ons kookboek te bestel