

Neste:
(Maak twee neste)
Benodighede:
10 wilgertakke (beskikbaar by 'n bloemiste)
20 Wit klein vastrekkabels (cable ties)
Wit spuitverf (opsioneel)
Pienk sypapier (tissue paper)
Metode:
1. Neem 5 wilgertakke en vorm dit in 'n sirkel van ongeveer 50 cm in omtrek.
2. Gebruik die vastrekkabels om die takke aanmekaar vas te maak.
3. Spuit die takke wit en laat dit droog word (opsioneel).
4. Rangskik die sirkels op die tafel.
5. Vul met pienk sypapier en rangskik die kolwyntjies in die sirkels.