TUIS
Geroeste blikkie en paaseiers

Geroeste blikkie:

* Kits roesverf is verkrygbaar by spesialishardewarewinkels. Dit is 'n blik taai swart verf en 'n klein botteltjie roesreaktor.

1.Neem 'n leë blikkie en was die etiket af met warm seepwater.
2.Droog mooi af en kyk dat daar geen gom aan is nie.
3.Verf die blikkie met die taai swart verf en laat ongeveer twee en 'n half uur staan om droog te word.
4.Verf nou nog 'n laag met die swart verf, maar moet nie heeltemal laat droog word nie.
5.Wend dan die kernkragreaktor aan en laat staan ongeveer drie ure.
6.Die blikkie behoort dan 'n roeseffek te hę.
7.Vat 'n hand vol houtsaagsels en sit dit in die blikkie.
8.Plaas die "geboorde eier" met sy drinkinhoud en strooitjie daarop, en druk een of twee ystervarkpenne in om dit af te rond.

‘Geboorde’ eiers:

1.Neem die wit paaseiers wat met 'n lagie sjokolade gevul is en boor met 'n dun boorpunt, 'n gaatjie aan die onderkant van die eier, aangesien dit die "dikker" kant is en sodoende verhoed jy dat dit maklik breek.
2.Neem nou 'n spuitnaald en vul die eier met sjokolademelk of likeur.
3.Knip 'n strooitjie kort en sit dit in die gaatjie.
4.Plaas dit nou in die blikkie met die houtsaagsels.