



1.Onthou dat nuwe materiaal altyd eers gewas moet word voordat jy daarop verf.
2.Meng die sonverf om die kleure te kry wat jy verkies en voeg omtrent 50% water by (in dié geval herfskleure - bruin, oranje en pienk)
3.Plaas die lap op 'n plastiekstrook in die son. Die lap kan direk op die gras ook geplaas word om 'n ander agtergrondtekstuur te verskaf. Eksperimenteer gerus daarmee.
4.Sproei water op die lap totdat dit redelik klam is.
5.Verf of giet die verskillende kleure sonverf in stroke of kolle op die rand van die lap en meng dit ineen met ʼn verfkwas.
6.Die verfkleure sal inmekaar invloei en ook in die wit dele van die duvet en kussingsloop inloop.
7.Plaas blare op die geverfde dele terwyl die verf nog nat is en laat dan die lap in die son om droog te word. Ander items soos uitgeknipte vorms sal ook werk.
8.Die son verdonker die verf en laat dan die blaarvorms ligter – dis ʼn bietjie soos om met jou sonbril op in die son te lê (natuurlik met sonbrandmiddel aan!).