

Benodigdhede
S.A. dennehout 400 mm x 150 mm
Chipboard-skroewe 6x30mm
16 x kraanwassers
Houtskuurpapier 150 g
Aluminium plat staaf 500 mm lank
5mm houttappe (200 mm lank)
4 x houtkrale
Houtgom
Figuursaag
Ystersaag
Ystervyl
5 mm staal boorpunt
Stappe
1.Sny 'n Xilofoon uit papier uit en plaas dit dan op die hout.
2.Trek die patroon met 'n potlood op die houd.
3.Gebruik die figuursaag om die patroon uit te sny.
4.Die rande word glad geskuur met die skuurpapier.
5.Agt stukkies aluminium word gesny met die ystersaag. Elke stuk is 5 mm korter as die vorige.
6.Vyl al die skerp rande af met 'n vyl.
7.Boor 'n 5 mm gaatjie aan elke kant van die aluminiumstukke.
8.Sit die wassers op die hout neer.
9.Sit die aluminiumstukke, van lank na kort, op die wassers neer.
10.Gebruik die houtskroewe om die
aluminiumstukke en wassers vas te sit.
11.Die aluminium moet los wees van die hout. (om te beweeg as daarop geslaan word).
12.Boor 'n 5 mm gat in elke houtkraletjie.
13.Sit die krale aan elke kant van die tap vas met houtgom.