





Papierboksie en deksel
(Die vou van die boksie en sy deksel is dieselfde, maar die boksie moet 2cm kleiner as die deksel wees.)
1.Vou ‘n A4-papier in ‘n driekhoek en sny die oortollige papier af.
2.Vou die driehoek nog ‘n keer oor om ‘n kleiner driehoek te vorm.
3.Vou dit nou oop om ‘n netjiese vierkant te sien.
4.Vou nou al die hoeke na die middel en vou twee sye die helfte oor om in die middel bymekaar te kom.
5.Maak die laaste voue oop en doen dieselfde met die twee ander kante.
6.Lig die twee langwerpige (dubbel)voue op om die twee paralelle kante van die boks te vorm.
7.Lig dit na een kant teen ‘n 90 grade hoek en vou driehoekhoekies na binne by die voulyn naaste aan die middellyn. Vou nou die res bo-oor die hoekies na binne sodat die driehoek se punt aan die middellyn raak.
8.Doen dieselfde met die ander kant en voila, jou boksie se onderdeel is klaar.