TUIS
Ballerina-partytjie vir Nianell se drieling

Ronde roosboompie

Bloemistelint
Dun houtstokkie van ongeveer 80cm
Droë sponsbal
Kleeflint
Sy of kunsrosies
Wit mandjie gevul met 'n sandsakkie
Malvalekkers
Stokkielekkers

1. Draai lint om die houtstokkie om dit te versier en heg met kleeflint bo en onder vas.
2. Versier die stokkie verder deur nog 'n paar lang stringe dun geskeurde lint aan die bo-kant te plak en los te laat hang. Krul die lint liggies met ʼn skêr.
3. Steek die rosies in die bal sodat dit (die bal) heeltemal bedek is.
4. Druk die stok binne-in die sandsakkie binne-in die wit mandjie.
5. Versier met malva- en stokkielekkers aan die onderkant al rondom die stokkie.
6. Druk nou die rosie-bal bo-op die stokkie om af te rond.

Verjaarsdagpakkie

Vir 'n dogtertjie:

Neem 'n mooi boksie of houertjie wat as geskenkpakkie kan dien. Plak 'n string vere rondom die onderkant van die pakkie om te versier en vul die pakkie met lekkergoed. Plaas 'n ballerinakroon bo-op die deksel en siedaar!

Vir 'n seuntjies:

Neem dieselfde boksie of houer maar in blou. Vul die houer met lekkergoed. Sny twee stukke organzalint af en vou van onder die deksel na bo. Maak 'n mooi strik bo-op die deksel met die linte en plak dan 'n voëltjie of diertjie van jou keuse bo-op was.

Vingerkoekiebondeltjies

Maak hopies van 3-4 vingerkoekies en bind vas met organzalint. Verfraai met tissuepapier en eetbare feetjiepoeier. Jy kan ook die koekies versier met versiersuiker as jy wil.

Jogurttoring

Neem 'n paar klein bakkies jogurt en bind organzalint om elk. Strik 'n lepeltjie saam met die organzalint vas en pak die jogurt in ʼn toring op die tafel, gereed om te vat en te eet.