




Houtblompot
8 x 32x44 mm x 1200 mm dennehoutplanke (sye)
6 x 32x44 mm x 312 mm dennehoutplanke (sye)
6 x 32x44 mm x 336 mm dennehoutplanke (sye)
4 x 32x44 mm x 75 mm dennehoutplanke (pote)
8 x 404 mm dennehout-plafonplanke
12 x 1225 mm dennehout-plafonplanke
50 g x 32 mm grootkopspykers
24 x 6x60 mm skroewe
1L x waterbestande verf
2 x 50 mm kwaste
1L x houtseėlaar
Boor en 3 mm houtboorpunt
Houtgom
1.Al die houtplanke word op die regte lengtes gesny.
2.Gebruik die 312 mm planke en sit dit dwars teenaan die 44 mm sy van die 1200 mm plank om sodoende ʼn totale lengte van 400 mm te kry. Dit sal dan ʼn reghoek vorm.
3.Gebruik nou die 336 mm planke en sit dit vas teenaan die dwars sy van die reghoek om sodoende ʼn boks te vorm.
4.Gebruik die houtgom en houtskroewe om die stukke vas te maak.
5.Die plafonplanke word m.b.v. die houtgom en
spykers vasgeslaan teen die raamwerk.
6.Verf al die binnekante van die blompot met die waterbestande verf.
7.Seėl die buitekante met ʼn houtseėlaar, sodat dit beskerm is teen die son en reėn.
8.Boor ʼn paar gate in die bodem van die houtblompot.
9.Die pote word vasgesit aan die onderkant en ook geseėl met die houtseėlaar.
10.Wag tot al die verf droog is voor grond in gegooi word.
Sementblompot
2 x 400 mm x 400 mm splinterbord 21 mm
2 x 458 mm x 400 mm splinterbord 21 mm
2 x 458 mm x 358 mm splinterbord 21 mm
1 x 40 kg readymix-sement
2 m x 600 mm ogiesdraad
16 x staalhakies
16 x 8x19 mm houtskroewe
1 L x sementversneller
Hamer
Skroewedraaier
1.Al die houtplanke word volgens die regte lengtes gesny.
2.Die boks word gebou deur die staal hakies met 8x19 mm houtskroewe aan die binnekant van die boks aan die hout vas te skroef.
3.Ogiesdraad word om die buitekant van die boks getrek. Al die rante van die ogiesdraad moet plat gemaak word.
4.Die readymix-sement en sementversneller word met water gemeng in ʼn emmer. Gebruik ʼn graaf om mee te meng.
5.Die sementmengsel moet nie te loperig wees nie, want dan sal die sement sukkel om teen die houtpanele vas te bly, omdat dit heeltyd sal afgly.
6.Die nat sementmengsel word nou op die ogiesdraad gepak sodat die sement deur die ogiesdraad kan loop.
7.Die sement moet +-30mm dik gepak word teen die houtpanele. Die ogiesdraad moet in die middel van die sement wees.
8.Die nat sementblompot moet 3-4 dae gelos word om droog te word.
9.As die sement droog is, word die staal hakies losgemaak en verwyder.
10.Gebruik nou ʼn hamer om die houtpanele versigtig uit te haal. Kap die panele los en haal uit met jou hande.
11.Boor ʼn paar gate in die bodem van die pot vir dreinering.
12.Die blompot is
nou klaar.