TUIS
Tafeltennisblad

Benodigdhede

18 mm Supawood 1530 mm x 1375 mm
S.A. dennehout 22 mm x 69 mm
Spaanderbord-skroewe 6x30 mm
Houtgom
4 x 450 mm tou
8 x Skarniere 500 mm
6 x 8 mm tappe
Houtskuurpapier 150 gram
1 L – waterbasis poli-uretaan-emaljeverf – groen
1 L – hout onderlaag
Mohair roller

Houtsnylys

Tafelblad: 2 x 1530 mm x 1375 mm
A-raam-bokkie: 2 x 750 mm - S.A. dennehout 22 mm x 69 mm
A-raam-bokkie: 2 x 500 mm - S.A. dennehout 22 mm x 69 mm

Stappe

Raam:
1.Sny die hout volgens die gegewe lengtes.
2.Sit sye aanmekaar met houtgom en spaanderhoutskroewe (‘chipboard’-skroewe 6x30 mm). 3.Die twee sye van die A-raam word aanmekaar gesit m.b.v. die skarniere.
4.ʼn Tou word op die onderste dwarsplanke vasgesit.

Blad:
1.Die supawood word volgens die gegewe lengtes gesny.
2.Al die sye en speeloppervlaktes word met ʼn houtonderlaag geverf.
3.As die onderlaag droog is, word twee lae van poli-uretaan-emaljeverf op die speel- oppervlakte geverf.
4.Laat die verf droog word.
5.Gebruik die wit isoleringsband om die rante van die bane te maak.
6.Sit die panele reg teen mekaar.
7.Vier gate word geboor om tappe in te sit.
8.Gebruik ʼn tapmerkstel om die tappe in lyn te hou vir die gate in die ander paneel.
9.Die ander paneel se gate word 1 mm groter geboor.
10.Gom die tappe nou in eerste paneel se gate.
11.Die ander paneel se gate kry nie gom nie, sodat die twee panele uitmekaar gehaal kan word.