


Kandelaar
Dun, sagte jong takke van ‘n koorsboom
Snoeiskêr
Kandelaar van ou draad
Sny die takke in die regte lengtes en vleg dit van bo na onder in die draadkandelaar in. Steek die punte onder die draad in.
Doringhart
Dun ronde smeedyster
Ou doringdraad
Tang
Houer
Plante
Klippies
Potgrond
Buig `n mooi hart met die smeedyster en draai die doringdraad om die hart om ‘n dik raamwerk te vorm. Gebruik `n ou geroeste metaalhouer en plant miniatuur noem-noems (Carissa Storm) daarin. Sit ‘n paar harte in sodat dit soos loopklippe lyk. Gooi `n mooi kleur spoelklippie in die harte.
Skaaktuin
Loopblokke
Onkruidmat (bidem)
Fyn klip
Skoonma se kussing (kaktusse)
Vorm `n skaakbord met die loopblokke. Plaas onkruidmat onder die klip en blokke om onkruid uit te hou. Plant dan kaktusse in `n patroon tussen orige blokke.
Tafel-idees
Gebruik sagte doringtakkies bv. bessies, durantha, berberis ens. en vleg takkies in ronde ringetjies. Plaas servette daarin of drapeer om glase.