TUIS
Die kyk en die kiek van mooi voëls

Die soektog het begin en om te help, het Minki Andrae Marais van Kaap Natuurbewaring en Brummer Olivier van Grootbos reservaat naby Stanford saamgebring. Sy het ook vir fotograaf Wicus Leeuwner gevra om ons ʼn paar wenke te gee wat betref die kliek van voëls. Hulle het ʼn Kaapse suikervoël gesoek en een gekry.

Daar is net twee soorte - die ander een is die rooiborssuikervoël. Die Kaapse een het ʼn bruin rug met ʼn ligter bruin maag en duidelike kaakstrepe. Jy sal hom herken aan die pragtige wimpelstert waarmee die mannetjie die wyfies beïndruk.

Wicus gebruik ʼn lang lens en kry sy staan so effe teen die helling af om die mooi blou lug waarteen die voëltjie afgeëts is, reg te kry. Die voëltjie kom net by die Kaapse fynbos voor en hou baie van dié plante se nektar. Dis veral die proteas waarop jy hulle sal aantref. Hulle broei van Februarie tot Augustus, maar in die Suidwes-Kaap hoofsaaklik in April en Mei.

Die volgende een is waarskynlik die swaarste aasvoëls in die area en kom hoofsaaklik in bergagtige gebiede voor. Daar was taamlik baie van hulle, maar vanweë gif wat deur boere gebruik word asook kragdrade, het hulle getalle aansienlik afgeneem. Hulle lyk baie na die witrugaasvoël, maar is groter en sonder ʼn streep by die ondervlerkdekvere. Broeityd is tussen April en Julie met ʼn inkubasietydperk van tot 58 dae.

Nog ʼn voëltjie wat hulle raakgeloop het, is die Dobbertjie. Hulle het ʼn swart kop, met rooi oë en ook ʼn rooi snawel. Hulle nekke is wit met ʼn swart rug. Die outjies duik met hul nekke en snawels in die water om vis te vang en dit lyk kompleet soos ietsie wat op die water dobber as jy hulle sien jag.

Om seker te maak sy mis nie die aristokratiese bloukraanvoël nie, het Minki ʼn vyfsentstuk saamgeneem om te help. Die voël is hoog op die lys van voëls wat beskerming nodig het. Maar, met behulp van die boere in die omgewing is hier nou ʼn gesonde klompie broeipare gevestig.

Pak jou fiets, jou tekkies, jou verkyker en jou kamera want tussen seisoenale walvis- en enige tyd-voëlkyk is jy nie altyd seker waarheen om te mik nie.

Kyk gerus na Wicus se foto’s wat hier verskyn.

PASELLA Sê DANKIE AAN:

De Hoop Natuurreservaat
Andrae Marais
Tel: 021 426 0723
E-pos: capenature@tourismcapetown.co.za
Webblad: www.capenature.org.za

Ziya Fana Images en Wicus Leeuwner
Tel: 082 579 5038
E-pos: wicus@intekom.co.za
Webblad: www.ziyafanaimages.co.za

Malagas Hotel
Tel: 028 524 1049
E-pos: info@magalashotel.co.za
Webblad: www.malagashotel.co.za

Brummer Olivier
E-pos: brummer@grootbos.co.za





Kliek hier om ons kookboek te bestel