




Singapore is sekerlik een van dié lande in die wêreld wat op almal se besoeklys is. Die eiland beslaan 707,1 vierkante kilometer en is die kleinste in Suidoos-Asië. Met ʼn bevolkingstal van 4,6 miljoen het hulle verlede jaar soveel as 10,3 miljoen reisigers ontvang. Hulle lugdiens spog ook met die wêreld se grootste passasiersvliegtuig – die Airbus A380. Paul wou dié nuwe era van vliegluuksheid eestehands uittoets toets.
Paul is by die Singapore Lugredery se opleidingsentrum waar kajuitbemanning ʼn 15 weke kursus doen. Dit sluit onder andere sosiale etiket, kos- en wynwaardering en passasiershanteringsvaardighede in.
Volgens plan het die Airbus A380, 525 sitplekke. Singapore s’n het vir meer ruimte net 471 vir besigheids, ekonomies én ʼn luukse kajuitklas.
In Suid-Afrika word studente ʼn maand lank by verskillende skole landwyd opgelei waarna hulle prakties gedevalueer word by ons nasionale lughawe se opleidingsentrum. Hulle swemvaardighede word ook getoets en hierna moet hulle jaarliks teruggaan vir verfrissingskursusse.
In hul twee kombuise maak 2200 mense daagliks 50 000 etes. By ons nasionale lugdienskosverskaffer is daar 1100 wat 23 000 kospakkies voorberei.
Alle uitvoerprodukaanlegte en -kombuise, dus enige lugdiens wat buitelands vlieg, moet aan die internasionale HACCP-standaarde voldoen. Dit het grootliks te make met higiëne en voedselveiligheid. Regulasies bepaal onder andere dat die ‘koue ketting’ nie verbreek mag word nie. Sou kos dus bv. by ʼn vliegtuig wag om op opgelaai te word, word dit onttrek as die temperatuur daarvan verander het. Dit word getoets deur die kosverskaffer se eie kwaliteitsbeamptes. Indien jy voel dit is nodig, kan jy ʼn klagte kan by die lugdiens se hulplyn indien of selfs by die departement van gesondheid.
Sodra die kos gaar is, word dit blitsvinnig in ʼn blaasvrieser verkoel tot onder vriespunt om enige bakterieë of mikro-organismes uit te skakel. Hierna word dit teen gewone yskastemperature koel gehou en verpak. Sodra die vliegtuig reg is om te vertrek word dit gelaai en op die vlug verhit voor bediening. In Singapore word disse op steekproefgrondslag in ʼn lugdruknabootser verhit en getoets. By ons gebeur dit twee keer per week in gewone toestande. Maar, noudat ons weet hoe ons mae gevul word, het ons gaan kyk hoe ʼn vlieënier vlerkies kry. Kommersiële vlieëniers wat by ʼn lugdiens aansluit, doen nog minstens 6 tot 7 maande se opleiding, waarna hulle ʼn verdere 5 maande in ʼn nabootser spandeer om ʼn spesifieke vliegtuig te kan vlieg.
In nog een van hul simulators word die kajuitpersoneel opgelei in alle noodprosedures. Broodnodige kennis wat gelukkig behoorlik in hulle ingeprent word. Tog is vlieg eintlik veel veiliger as wat meeste van ons vrees. Statistieke meen dat jy ʼn 1 in 11 miljoen kans het om in ʼn vliegongeluk te wees. Mense meen ook dat hulle meer beheer op ʼn pad het, maar as jy in ag neem dat 1 uit elke 5000 mense op paaie sterf, hou dit eintlik glad nie water nie.
As jy lus is vir ʼn feestelike toer – Singapore Lugredery vlieg 10 keer per week tussen ons en hulle. Pasella sê dankie aan Singapore Lugredery en Toerisme vir ʼn interessante kuier.
PASELLA Sê DANKIE AAN:
Singapore Airllines
Dennis Ling
Tel: 021 674 0601
E-pos: za_feedback@singaporeair.com.sg
Webblad: www.singaporeair.co.za
Singapore Toerisme
Jason ONG
Tel: +971 4335 3770
E-pos: jason_ong@stb.gov.sg
Webblad: www.visitsingapore.com