






Paul du Toit is eerste aan die beurt. Sy kleurvolle werk lyk kinderlik en vrolik. Tog sê ʼn kritikus jy moet dieper kyk omdat dit onderliggend die werklikhede van swaarkry, obsessie en onderdrukking weerspieël.
Om sy bord te voltooi is Minki na die Cellars-Hohenhort Hotel. Dit was dit taak van sjef Rumé Booyens om Paul se kleurvolle strepe wat amper soos ʼn vis lyk, te voltooi.
Sy besluit op ʼn inkvisravioli. Die ink is om die swart lyne in Paul se werk uit te te bring. Sy bedien dit saam met ʼn sauce vierge. Dis ʼn Franse sous gewoonlik van olyfolie, suurlemoensap, gekapte tamatie en basielkruid. Hare is van aspersies, inkvisrepies, tamatie en salotte wat in witwyn en olyfolie gesoteer is. Om geel ook by te werk, maak sy ʼn saffraanskuimsous wat die geel strepe op die bord optel.
Paul dink dis ʼn briljante poging en ons stem saam.
Elzette Welgemoed is volgende aan die beurt. Volgens ʼn kenner, slaag Elzette se werk daarin om ʼn werklikheid vernuwend te vertaal en nie na te boots nie. Haar kuns is dus nie net ʼn weergawe van feite nie, maar die kreatiewe insig daarin. Sy werk graag met koffiewinkels omdat syself so lief is vir koffie en in een stadium tot 14 koppies per dag gedrink het!
Ismail Deysel van die Boyemian Yard in Vishoek moet haar bord klaarmaak. Daarop is in die middel ʼn dame by ʼn ronde tafel met twee sjefs wat agter haar staan om haar te bedien. Die rand van die bord is oopgelaat. Hy begin deur meringues te maak en daarna mousse wat hy met ʼn tregtersak as vulsel daarop druk. Volgens hom moet die oond matig warm wees vir wit meringues - hoogstens 100 grade C wat jy na 30 minute afdraai na 50.
Hy gebruik gewone kant, sit dit op die rand bord en strooi ʼn bietjie kakao oor vir ʼn pragtige romantiese effek. Die skuimpies word daarop neergesit. Hy herhaal die kokaoversiering aan die regterkant met ʼn dekadente sjokoladeterrien bo-op. En, asof die bordvroutjie nog nie genoeg bederf is nie, kom daar ook nog twee sterretjie-aarbei-kaaskoekies op.
Elzette is heel tevrede met haar bord wat herinner aan al die lekker dinge van die lewe en dat daar min dinge is wat ʼn mens nie met die regte medisyne kan oorkom nie. Oral op haar werk is ʼn hoender te sien. Die rede daarvoor, sê sy, is omdat hulle haar beste maatjies was toe sy ʼn klein dogtertjie was.
Ronald West skilder sedert 2002. Kenners meen sy werke kommunikeer dat mens nie die lewe te ernstig moet opneem nie. Hy sê hy gebruik altyd ʼn dieprooi vir die hooffiguur met geel in die agtergrond om sterk kontras te skep. Hy het ook ʼn vrou by ʼn tafel gesit. Sy werk het beslis ʼn gawe kielie in die kwas met ʼn duidelike dekadente streep.
Ons is nou by Noop restaurant in die Paarl om die kulinêre helfte van kunstenaar Ronald West se bord te voltooi. Ou Pasella vriend, Abe Conradie kook reeds ʼn stoom op.
Hy het besluit op ʼn volstruisfilet. Dit is in ʼn sirkelstapeltjie met die risotto onder, dan die volstruisies en laastens gekarameliseerde uie. Dan gaan hy ruim te werk met die sjokolade-rissie-sous en rond dit af met diepgebraaide aartappelsrepies.
ʼn Happie Italiaanse risotto, ʼn proesel eg Suid-Afrikaanse volstruis en ʼn goeie paar lepels dekadente sjokolade-rooiwynrissiesous. Klink reg vir ons, en Ronald het ook so gedink.
Kliek hier vir die resepte.PASELLA Sê DANKIE AAN:
Paul du Toit
E-pos: contact@pauldutoit.com
Webblad: www.pauldutoit.com
The Cellars-Hohenort en Greenhouse Restaurant
Rumé Booyens
Tel: 021 794 2137
Webblad: www.cellars-hohenort.com
Elzette Welgemoed
E-pos: jwelgemo@pgwc.gov.za
Bohemian Yard Restaurant
Ismail Dysel
Tel: 021 782 7773
E-pos: info@bohamianyard.co.za
Webblad: www.bohemianyard.co.za
Ronald West
E-pos: info@ronaldwest.com
Webblad: www.ronaldwest.com
Noop Restaurant
Abe Conradie
Tel: 021 872 0685
E-pos: kikka@telkomsa.net
Lindy van Niekerk Kunsgalery
Tel: 021 913 7204
E-pos: lindy@artpro.co.za
Webblad: www.lindyvanniekerk.com
The Orange Mill Kunsgalery
Tel: 021 872 8612
E-pos: info@orangemill.co.za
Webblad: www.orangemill.co.za