




Die Nuwelandswoud vorm deel van die Tafelberg Nasionale park wat strek van Seinheuwel in die noorde tot Kaappunt in die suide. Die besondere park is ter wêreld dié rykste bio-diversiteit binne ʼn besige, kosmopolitiese area.
Die woud beslaan ongeveer 400 hektaar waarvan 250 met inheemse bome beplant is. Uitheemse maats word gewoonlik uitgehaal, maar dié een is welkom. Die een wat Robby Gorden vir haar wys is ʼn Redwood wat oorspronklik uit die Sjina kom. Die wonder van die bome is dat hulle al in die tyd van die dinosourusse op aarde was. ʼn Klompie jare gelede is geskikte areas gesoek waar hulle sou groei en toe is hulle regoor die wêreld versprei.
Die een is 60 jaar oud en reeds 30 meter hoog.
Die boom is nie ʼn gevaar vir inheemse plantspesies of die 25 eie-bodem-boomsoorte in die woud nie. Hierdie tipe plantegroei staan bekend as Afro Montane. Dit beteken dit is deel van ʼn bergagtige streek met koel, nat temperature wat gekenmerk word aan baie immergroen bome.
Die volgende boom waarby Robbie stop is die Assegaaiboom. Dit kom byna eksklusief voor in ʼn gematigde immergroen woude van die Weskaap tot in Mpumalanga.
Hy wys haar ook ʼn waterboom of waterhout. Hulle groei naby water en het baie spesiale blare. As jy die blaartjie in twee breek en dit tussen jou hande vryf, het dit ʼn seperigheid waarmee jy jou hande kan was.
Ander juwele in die woud, is stinkhout, geelhout en wilde amandelbome wat ʼn hele paar honderd jaar oud is.
Die antieke woud was een van die buiteposte wat deur die VOC gestig is om hout te voorsien vir brandhout en om skepe te herstel. Die is ʼn ruïne waar die eerste houtkapper gebly het. Dit is later deur die bekende lady Anne Barnard en haar man, die sekretaris van die eerste Britse goewerneur in die Kaap, bewoon.
Omdat ons weet dat hierdie aardse mooi ʼn mens definitief tot hôgere kuns kan inspireer het ons vir Stijdom van der Merwe gevra om sy verbeelding vrye teuels te gee. Hy is ʼn natuurkunstenaar wat die omgewing as palet gebruik.
Hy sê soos wat ʼn mens deur ʼn woud stap, kom jy altyd op pragtige spinnekopwebbe af. Dus het hy toebroodjiesakkies, sowat 550, gebruik om ʼn reuse-spinnekopweb in die woud te maak.
Minki het nou wel nie die feetjies gekry waarna sy gesoek het nie, maar as jy jou oë toemaak en luister na die bosgeluide, die vars lug inasem, kan jy jou sommer verbeel jy is een!
PASELLA Sê DANKIE AAN:
Tafelberg Nasionale Parke
Paddy Gordon
Webblad: www.sanparks.co.za/parks/table_mountain
Strijdom van der Merwe
Tel: 021 886 6496
E-pos: info@strijdom.co.za
Webblad: www.strijdom.co.za