






Die Aleit Groep is bekend vir hul ongelooflike huweliks- en ander onthale. Soveel so dat hulle nou al selfs ʼn paar takke in die buiteland het. En, soos gewoonlik het dit duidelik geword waarom dié mense so gewild is. Die eindproduk was een wat enige mens tot stilstand sal bring! Eienaar Aleit Swanepoel het kom wys hoe lyk die nuwe neiging wat formaliteite op hul kop draai.
Hy wys ons hoe ʼn voortafel of te wel high-tea tafel lyk. Volgens hom is die dae van vervelige sjerrie en gaste wat staan en wag op die bruidspaar wat foto’s neem, verby. Hulle neem dié tyd in beslag deur ʼn sexy high-tea tafel te dek. Vir ʼn klein, intieme troue, sit hy van ouma se antieke teekoppies op die tafel, kristalglase, silwer teepotte en bekers vol pragtige rose asook lieflike druiwe om by die Webersburg Wynplaas te pas was die geleentheid gevier word.
Celesté Mullins is die Aleit Groep se bestuurder by Webersburg en sy taak was om papierdetail op die tafel te kry. Hy wys ons hoe om ʼn onderstebo hartjie te maak wat aan ʼn wynglas hang en sommer ook as plekaanwysing dien. Hierna versier hy ʼn suikerstokkie met lint en twee ronde sirkeltjies wat hy uitgesny het. Dit verskaf kleurvolle detail en gee die tafel ʼn stylvolle, afgeronde voorkoms. Volgende maak hy en Minki ʼn pragtige staan-hartjie waarin ʼn spyskaart gesit kan word. Laastens vou hy ʼn boksie om kaas en beskuitjies in te sit. Kliek hier vir die stap-vir-stap-aanwysings.
Volgende aan die beurt is Nicci Scholtz van Aspen Flowers. Sy sê dat die sentiment met blomme deesdae terug is by die huis. Gebruik ou bekertjies of enige hol ding wat jy in die hande kan kry en maak dit vol rose of kleurvolle blomme. Bly weg van ʼn formele rangskikking en gee aan die tafel ʼn ou, romantiese en lekker warm gevoel.
Sy wys ons ook hoe om blomme te ‘vries’. Jy neem enige blomme of blare (en sommer ook dié wat al besig is om te verwelk). Druk dit taamlik styf in ʼn plastiekbak en gooi water oor. Druk dit maar effens terug sodat dit nie alles bo uitpeul nie. Sit die deksel op en vries dit vir sowat 7 ure. Druk die houertjie in water en laat die blomysbeeld uitglip. Plaas dit in ʼn bak met bietjie water op die tafel vir ʼn vars voorkoms. Hiermee kan mens ʼn warm somersdag afkoel én inskakel by ʼn kraakvars wintersfunksie.
Wade van der Merwe, die eienaar van Cakes by Wade, het gesorg vir twee interessante en beslis alternatiewe troukoeke. Die eerste koek het ʼn Klein Rivier Gruyere sirkel van 45 x 8 cm onder. Bo-op is ʼn Kimilili Witzenberg (ʼn harde kaas wat in die Switserse tradisie gemaak word) waarna ʼn Kimilili bergkaas die derde laag vorm. Die boonste laag is ʼn Simonsberg bloukaas van 15 x 20 cm. Dit word versier met rose, suikerkuns, blare en beskuitjies.
Die tweede koek is ʼn meer manlike koek. Sy onderlaag is Fairview Brie van 24 x 3 cm, dan volg ʼn La Rochelle Gouda van 8 x 6 cm en daarna ʼn La Rochelle Dowry van 5 x 3 cm. Die onderste laag word in die middel deurgesny en met gedroogde pere en neute gevul word. Dit word afgerond met kaasstrooitjies, neute, vrugte en heelkonfytstukke. Dié twee pragkoeke het ons herinner aan die jaarlikse kaasfees. Dit gebeur vanjaar van 25 tot 28 April op die Bien Donne plaas tussen Franschhoek en Paarl en is glo is fees vir oud en jonk.
Nou ja, of jy troukoors het, lus is vir ʼn lekker teetafel, kaasfees of sommer net vrolik kuier. Hierdie is planne wat enige gewone tafel in ʼn fees sal omskep!
PASELLA Sê DANKIE AAN:
SA Kaasfees
Johan Elhers
Tel: 021 975 4440
Webblad: www.cheesefestival.co.za
The Aleit Group
Aleit Swanepoel
Tel: 021 887 4448
Sel: 082 883 7056
E-pos: info@aleit.co.za
Webblad: www.aleit.co.za
Webersburg
Celesté Mullins
Tel: 021 881 3636
Sel: 082 557-5185
E-pos: celeste@webersburg.co.za
Webblad: www.aleit.co.za
OF
www.webersburg.co.za
Gary Deacon
Tel: 021 78 22 838
E-pos: garydeacon@telkomsa.net
Webblad: www.garydeacon.blogspot.com
Hireworx
Lana Coetzee
Tel: 021 788 9807
Sel: 082 458 9916
E-pos: lana@hireworx.co.za
Webblad: www.hireworxco.za
Aspen Flowers
Nicci Scholtz
Tel: 021 424 6511
E-pos: nicci@aspenflowers.co.za
Webblad: www.aspenflowers.co.za
Cakes by Wade
Wade van der Merwe
Tel: 021 531 5179
Sel: 082 932 4522
E-pos: wade@wadescakes.co.za
Webblad: www.wadescakes.co.za
Elsje Designs
Tel: 021 976 7111
Sel; 083 253 5556
E-pos: info@elsje.co.za
Webblad: www.elsje.co.za