TUIS
Kenneth se illusies

ʼn Waar beskrywing van sy werk sou waarskynlik wees driedimensionele kunswerke wat die illusie van ‘egte’ realisme skep. Hy werk met ʼn kombinasie van beeldhou, skilder en beligting – iets wat sy werk enig in hul soort maak.

Cindy is by die Picasso’s Galery in Pretoria waar van Kenneth se kunswerke permanent op uitstalling is. Eienaar en kurator, Okkert Smit sę omdat Kenneth nie massa produseer nie en sy kuns so uniek is, styg sy skilderye se pryse geweldig. Tans wissel dit tussen R12 000 en R30 000 afhangende van die grootte en of jy uit sy reekse kies of ʼn opdragwerk aanvra.

Hy het Cindy na sy huis en ateljee in Mulbarton, Johannesburg genooi. Kenneth het nooit formeel kuns geswot nie, maar is volgens kritici ʼn gebore kunstenaar. Behalwe van sy jonger werke, is sy heel eerste kunswerk in sy eie versameling. Waar sy jongste werke 100 mm dik is, was die eerste een by 300 mm en staan hy in ʼn kas. Die 10 cm-dikte werk goed omdat dit dieselfde as ʼn baksteengrootte is en dus ideaal is om dit in ʼn muur in te sink.

Hy sę dit het alles 7 jaar terug begin toe hy ʼn kunsstuk by vriende gesien het wat hom gefassineer het. Kort daarna is hulle Turkye toe waar die son wat ou murasies op wonderlike maniere belig, hom geďnspireer het. By sy terugkoms het hy sy eerste werk gebou.

Sy eerste reeks genaamd Foundation bestaan uit 8 stukke en daarna het ʼn reeks van 6 met die naam New Beginnings gevolg. Hy werk tans aan ʼn nuwe reeks wat eersdaags op uitstalling sal wees.

Hy werk met ʼn geo-polimerpoduk wat hyself ontwerp het. Dit word uitgekerf en dan geverf.

Vir beligting gebruik hy klein buisliggies wat so geďnstalleer word dat dit lyk asof natuurlike lig inkom deur ʼn venster of deur. Die ligte word heel laaste ingesit net voordat hy die glas en raam opsit en kan maklik vervang word. Maar, Ken het ook ʼn ander passie en dit is die maak en verf van tuin- en binnepotte.

As jy hierin belangstel, kan jy gerus een van sy interessante potverfklasse bywoon.

Sy vrou, Zelda doen sy bemarking en sę hulle stal einde April by Decorex in Kaapstad uit. Anders kan jy sy werke sien by Picasso’s galery in Pretoria en die Glen Winkelsentrum in die suide van Johannesburg.

Loer ook op sy webwerwe www.picassos.co.za en www.heycreations.co.za of maak ʼn afspraak by zelda@heycreations.co.za om dit by hul ateljee tuis te besigtig.

PASELLA Sę DANKIE AAN:

Kenneth Maloney en familie
E-pos: zelda@heycreations.co.za
Webblad: www.heycreations.co.za

Picasso's kunsgalery
Okkert Smit
Webblad: www.picassos.co.za





Kliek hier om ons kookboek te bestel