TUIS
'n Swerwer se dagboek

Die liedjies se woorde asook die dialoog tussen-in kom uit ʼn boek wat Koos se versamelde werke bevat - alles natuurlik in ons pragtige moedertaal. Dit was reeds by Inniebos, die KKNK, en die Cultivaria Fees en is September by die Kalahari Kuierfees op Upington te sien.

Die gedigte is getoonset deur Coenie de Villiers, Karla du Plessis (Koos se dogter), Laurinda Hofmeyr, Lize Beekman, Andries Bezuidenhout en Lucas Maree. Die teks is saamgestel deur regisseur Jaci de Villiers en Christa Steyn het die musiek se regie gedoen. Die stuk word opgevoer deur Anna Davel, Jannie du Toit, Christa en ook Douw Steyn.

Anna begin deur vir ons ʼn uittreksel uit die liedjie, Middagreisiger te sing. Dit handel oor ʼn vrouekarakter wat in haar verbeelding reis maar net bly waar sy is terwyl die liefde van haar lewe haar verlaat.

Die hele produksie is toeganklik gemaak vir gehoorgestremdes met behulp van vingertaal en die program is ook ten volle in braille-skrif gedoen sodat blindes ook dié woorde kan lees.

Jannie sing Die Koers. Dit is twee van Koos se gedigte wat deur Douw Steyn getoonset is. In dié lied word die sentrale tema van reis en ewige soeke vasgelê.

Volgens Christa het hulle net die woorde gevat en dit met musiek ʼn bietjie opgetooi. Sy sê die geheim lê daarin dat die woorde altyd sentraal moet staan en dit was hulle doel met die musiek.

Jannie sê hulle het juis so min moontlik van Koos se eie liedjies gebruik omdat niemand dit beter as hy kon doen nie. Dus het hulle sy woorde gebruik en aan elke gedig ʼn unieke klank gegee.

Die volgende liedjie, Najaarsdroom handel oor ʼn man wat al die hele wêreld vol gereis het en terug verlang na Suid-Afrika.

Die produksie is vanjaar by die KKNK vir ʼn Kanna genomineer.

Koos du Plessis is in 1945 in Rustenburg gebore en het voortydig in ʼn grusame ongeluk in 1984 gesterf. Hy was dus maar 39 jaar oud.

PASELLA Sê DANKIE AAN:

The Intimate
Staatsteater Pretoria
Tel: 012 392 4066
E-pos: rejoice@statetheatre.co.za
Webblad: www.statetheatre.co.za

Jannie du Toit

Anna Davel

Christa Steyn





Kliek hier om ons kookboek te bestel