Pasella SABC2
Wen 'n oulike resepteboek te danke aan Exclusive Books se 'Winter Sale'. Beantwoord hierdie maklike vraag oor Amor se resep van die week.

Kry die kompetisie besonderhede hier
Piesangbroodjie gesondheid
Piesangbroodjie gesondheid ››
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Gee 'n skemerkelkie 'n mooi randjie
Gee 'n skemerkelkie 'n mooi randjie ››
Stuur jou onthaalidees Stuur jou onthaalidees vir ons en ons plaas dit op ons Kykers-
onthale
 
Hierdie week op Pasella

Woensdag 8 September vat Pasella die trekpad.  Ons bewonder die vakmanskap van die Ossewaens wat die Voortrekkers oor berge en deur riviere gekry het, gaan proe aan KwaZulu-Natal se eerste Wyn van Oorsprong, stap ʼn wye draai deur die Goegap Natuurreservaat naby Springbok, maak ʼn boekrak en ʼn kis vir baie bêreplek en kuier by akteur Stian Bam se huis in die Boland.

speel: Programvoorskou

Speel voorskou

speel: Ghoeroewenk

Speel wenk

speel: Blapse

Speel blapse
TREK: Goegap se fonteine TREK: Goegap se fonteine

15 km suidoos van Springbok, lê die Goegap Natuurreservaat.
» Stap saam Minki 'n draai
TREK: Ossewaens bo! TREK: Ossewaens bo!

Sterk en slim gebou, dis die ossewaens wat destyds die Trekkers oor die berge gekry het.
» Ons vind meer uit oor dié waens
TREK: Koms ons maak pakplek TREK: Koms ons maak pakplek

Terwyl daai lenteskoonmaakgevoel in jou are bruis, maak ons ʼn boekrak en kis waarin jy sommer ʼn hele klompie goed netjies kan wegpak.
» Maak jou eie kis en boekrak
» Boekrak
» Houtkis
TREK: KwaZulu Natal Wyn van Oorsprong TREK: KwaZulu Natal Wyn van Oorsprong

Dié provinsie is ons jongste geregistreerde Wyn van Oorsprong-area.
» Ons gaan proe!
TREK: Ons draai by akteur Stian Bam TREK: Ons draai by akteur Stian Bam

Stian Bam en sy vrou, Truda nooi ons na hul huis in Stellenbosch.
» Kuier saam by Stian en Truda
Resep van die week
Filet in rooiwyn geposjeer

Filet in rooiwyn geposjeer

Amor Engelbrecht is nie net die vervaardiger nie, maar ook Pasella se onthaal-ghoeroe en sy deel graag haar passie vir kosmaak en onthaal met Pasella kykers. So, probeer gerus hierdie smullekker resep van haar.

(bedien 4)

Posjeer klink miskien na ʼn vreemde gaarmaakmetode as dit by vleis kom, maar dit verseker dat die vleis sappig en sag bly en trek die geur van die posjeervloeistof in. Dié vloeistof kan agterna afgekook word om ʼn heerlike sous te maak.

1 bottel goeie Shiraz of Merlot
5 lourierblare
½ bossie tiemie
½ bossie oreganum
½ bossie Italiaanse pietersielie (opsioneel)
1 e peperkorrels
2 rooirissies
4 x 200 g filette
Sout na smaak

Laat twee koppies water kook. Voeg die wyn, lourierblare, tiemie, oreganum, peperkorrels en rissie by. Prut 20 minute. Bind ʼn tou om die filette sodat dit hul vorm kan behou terwyl dit kook. Dompel in die pruttende vloeistof. Kook 5-6 minute vir halfrou en 8-9 minute vir mediumgaar. Haal die vleis uit en laat dit 5 minute rus. Gooi intussen die vloeistof deur ʼn sif en terug in die pan. Kook met die helfte af. Vir ʼn ryker sous, kan jy ʼn bietjie room inroer. Plaas die vleis op ʼn bord en bedruip met ekstra-suiwer olyfolie en die sous. Bedien met kapokaartappels en groente.

*Pasella neem geen verantwoordelikheid vir die akkuraatheid van resepte wat met die Google Translate-funksie vertaal word nie.

  

 



 

 

English version of the recipe

Charlene Truter
Het jy onlangs een van ons aanbieders iewers gesien? Stuur vir ons jou foto!
› Meer oor: waar is ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Stem en Wen
Die gunsteling insetsel sal weer op die webblad te sien wees.
Wat was hierdie week jou gunsteling insetsel?
Goegap se fonteine
Ossewaens bo!
Koms ons maak pakplek
KwaZulu-Natal Wyn van Oorsprong
Ons draai by akteur Stian Bam
Naam:
ePos:
Stem nou Stem uitslae
 
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development