Pasella SABC2
Wen 'n oulike resepteboek te danke aan Exclusive Books se 'Winter Sale'. Beantwoord hierdie maklike vraag oor Amor se resep van die week.

Kry die kompetisie besonderhede hier
Piesangbroodjie gesondheid
Piesangbroodjie gesondheid ››
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Gee 'n skemerkelkie 'n mooi randjie
Gee 'n skemerkelkie 'n mooi randjie ››
Stuur jou onthaalidees Stuur jou onthaalidees vir ons en ons plaas dit op ons Kykers-
onthale
 
dieter1

Vir meer foto's en inligting oor

my loer gerus op my webtuiste

by www.dietervoigt.co.za.

Deur Dieter Voigt

Ek knyp myself gereeld net om seker te maak dat ek nie besig is om te dagdroom nie. Dit voel eintlik so onwerklik, maar ek is baie dankbaar dat hierdie 8-jaar-droom nou besig is om waar te word!

 

Hallo, my naam is Dieter Voigt en ek is ? nuwe lid op die Pasella-span. ? Dertienjarige seun in my klas het my eendag gevra wat my drome is nadat ek my motiveringspraatjie in die klas afgesluit het. Die vraag het my laat besef dat ek nie ander kan motiveer om groot te droom en hulle drome voluit te leef nie, as daar nog onvervulde drome in my hart rondswerf nie. Dit was die begin van ? nuwe hoofstuk in my lewe met Pasella as ? definitiewe doelwit.

 

Ek is gebore in Mosselbaai en die derde van vier broers. Die skool, sport, see en maats was die groot feeste in my lewe. Na skool het ek vir ? verdere 4 jaar B.Ed studeer om weer terug te gaan skool toe. My eerste en enigste pos was by Mikro in Kaapstad waar ek 5 baie gelukkige jare spandeer het. Dit is ook daar waar Pasella in Julie verlede jaar ? profiel storie met my gedoen het.

 

Ek het ook die Mnr SA titel gewen en een van die grootste voorregte van daardie jaar was om soveel inspirerende Suid-Afrikaners te ontmoet. Ons het sulke fantastiese mense in ons land en elkeen het ? besonderse storie. Ek kon nog altyd vir ure na ander se stories luister en neem graag van hulle wyshede met my saam. ? Vriend het 'passie' eendag vir my verduidelik as iets wat jou hoendervleis gee. Ek geniet gereeld ? hoendervleisie op my arms as ek hoor van iemand wat die "odds" teen hom het en nog steeds bo uitkom. Ons het sulke diverse mense en kulture in ons land en daar is elke dag soveel helde wat opstaan en die węreld ? beter plek maak. Ek floreer op daardie tipe inspirasie. Pasella gee my die geleentheid om duisende sulke mense te ontmoet, en ek sien uit daarna om nog miljoene van julle te leer ken!

 

Dan is daar nog al die avonture, hou pasella bietjie dop, want alles wat ons doen is real. Agter die skerms gebeur daar dinge wat FearFactor ''n run vir sy money" sal gee.

 

Die kos is natuurlik heerlik. Ons speel nie toneel wanneer ons sę "hmm, dis baie lekker" nie! Dit is ongelooflik lekker! Ek dink SA het die beste Sjefs!

 

Baie dankie dat julle elke week julle Televisies op SABC 2 sit. Ons kuier graag saam in julle sitkamers. Ek is baie opgewonde oor hierdie nuwe avontuur en sien daarna uit om dit saam met julle te ontdek.

 

Vrede
Dieter

Charlene Truter
Het jy onlangs een van ons aanbieders iewers gesien? Stuur vir ons jou foto!
› Meer oor: waar is ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Stem en Wen
Die gunsteling insetsel sal weer op die webblad te sien wees.
Wat was hierdie week jou gunsteling insetsel?
Goegap se fonteine
Ossewaens bo!
Koms ons maak pakplek
KwaZulu-Natal Wyn van Oorsprong
Ons draai by akteur Stian Bam
Naam:
ePos:
Stem nou Stem uitslae
 
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development