 |
Annalize Buchanan van Annalize Caterers in Kaapstad het hierdie sop vir ons gemaak. Dit is ? ekonomiese voorgereg wat spesiaal gemaak kan word deur dit op ? oorspronklike manier te bedien.
(Bedien 4)
2 kg kersietamaties 1 bossie spriettuie 2 knoffelhuisies, gekneus ½ k olyfolie ½ k wortel, gerasper ½ k seldery, gekap 2 k groente-aftreksel ? paar basiliekruidblare basiliekruidolie*, Parmesaankaas en basiliekruidpesto vir garnering Rooster die tamaties 10 tot 15 minute by 180?C. Braai intussen die sprietuie en knoffel in die olyfolie tot sag en voeg dan die wortel, seldery, aftreksel en soet basiliekruid by. Prut 15 minute en puree in ? voedselverwerker tot gladderig. Jy kan dit deur ? sif gooi as jy wil. Rond af met ? druppel basiliekruidolie, parmesaankaas en roosterbrood gesmeer met basiliekruidpesto.
*Maak jou eie basieliekruidolie: plaas 1 k basieliekruidblare en ½ k olyfolie in ? voedselverwerker en verwerk tot gladderig
|