Pasella SABC2
Wen 'n oulike resepteboek te danke aan Exclusive Books se 'Winter Sale'. Beantwoord hierdie maklike vraag oor Amor se resep van die week.

Kry die kompetisie besonderhede hier
Piesangbroodjie gesondheid
Piesangbroodjie gesondheid ››
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Gee 'n skemerkelkie 'n mooi randjie
Gee 'n skemerkelkie 'n mooi randjie ››
Stuur jou onthaalidees Stuur jou onthaalidees vir ons en ons plaas dit op ons Kykers-
onthale
 
Die tonnelverbouing van plante skep ‘n broeikasomgewing met ideale groeitoestande aan die binnekant en gure weer wat buite bly. Minki vind meer uit by Aspidistra Kwekery buite Stellenbosch.

Om jou eie plastiekplantkas te bou benodig jy die volgende.

Ongeveer 17m² dik UV-bestaande plastiek
8 x 2m sparre (jy kan ook van dennehout gebruik maak)
8 x 1m sparre
Saag
Skêr
Skroewedraaier
Skroewe
Kramgeweer

Neem twee 2m-sparre en lê hulle ongeveer 1m uitmekaar op die grond. Plaas ‘n 1m spar aan die bo- en onderkant tussen die twee langer pale en spasieer dan nog twee van die 1m-sparre in die middel van die sypaneel om dit te versterk. Skroef nou die 1m-spar aan die twee langer pale vas, sodat dit amper soos ‘n trapleer lyk. Herhaal die proses om jou tweede sypaneel te bou.

Vra iemand om die twee sypanele vir jou regop te hou sodat jy hulle aan mekaar kan heg met die ander 2m-pale. Skroef die punte van die oorblywende vier 2m-pale aan die hoeke van die sypanele vas, om die vierkantige raamwerk van die kas te vorm. Indien jou raamwerk onstabiel voel kan jy nog pale byvoeg om dit te versterk, maar wees versigtig om dit nie te swaar te maak nie, want dit mag dan omval.
Span nou die dik UV-bestande plastiek om al die sye van jou raamwerk en heg dit met die kramgeweer vas.

Kies een of twee van die sye wat jy nie gaan vaskram nie om toegang tot die binnekant van jou tonnel te bekom. Die gaping laat ook toe vir ventilasie. Dink net aan al die orgideë wat jy nou kan plant! Met die plastiek-plantkas kan jy in die koue dele van ons land ‘n gematigde temperatuur van 12ºC in die winter handhaaf, terwyl tot 30º C in die somer bereik kan word.
Charlene Truter
Het jy onlangs een van ons aanbieders iewers gesien? Stuur vir ons jou foto!
› Meer oor: waar is ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Stem en Wen
Die gunsteling insetsel sal weer op die webblad te sien wees.
Wat was hierdie week jou gunsteling insetsel?
Goegap se fonteine
Ossewaens bo!
Koms ons maak pakplek
KwaZulu-Natal Wyn van Oorsprong
Ons draai by akteur Stian Bam
Naam:
ePos:
Stem nou Stem uitslae
 
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development