|


Kliek op hierdie foto om die video te speel
|
Geleerdes en leke stry nou al eeue lank oor Eva en daai appel. En niemand is juis veel nader aan die antwoord nie. Maar wat maak dit nou eintlik saak, want op die ou einde gaan die storie tog oor die sondeval. Karen Hart, kosredakteur van die Kuier-tydskrif, het hierdie appellekkerte vir Pasella gemaak. Sy reken dat jy hiermee die hardste hart laat vermurwe en met die beste voornemens en beginsels klaarspeel. En met dié appeltert begin die storie van Eva en haar appel al hoe meer sin maak.
(Bedien 6)
6 middelslag appels - geskil, gestronk en in dun skyfies gesny 2 t vars suurlemoensap 1¼ k suiker ½ t fyn kaneel 2 eiers 2 e gesmelte, ongesoute botter 1 k meelblom, gesif ½ t sout 1 t vanielje-ekstrak geklitste room vir bediening
Voorverhit die oond tot 180?C. Plaas die appelskyfies in ‘n glasbak en sprinkel die suurlemoensap bo-oor. Skud goed om te bedek. Meng ¼ koppie van die suiker en die kaneel met ‘n vurk en sprinkel oor die appelskyfies. Skud om goed te meng. Gooi die appelmengsel in ‘n dieperige tertbak. Klits die res van die suiker (1 koppie) en die eiers saam in jou elektriese menger totdat dit dikkerig en liggeel is (ongeveer 3 minute lank). Klits die gesmelte botter by. Sif die meelblom en die sout saam en voeg ‘n derde op ‘n slag by die eiermengsel. Meng elke keer goed en skraap die meel van die kante van die bak af. Voeg die vanielje-ekstrak by en klits totdat dit alles goed gemeng is. Skep hierdie mengsel bo-oor die appelskyfies totdat alles bedek is. Bak vir ongeveer 45 minute en bedien warm met geklitste room.
|