Pasella SABC2
Wen 'n oulike resepteboek te danke aan Exclusive Books se 'Winter Sale'. Beantwoord hierdie maklike vraag oor Amor se resep van die week.

Kry die kompetisie besonderhede hier
Piesangbroodjie gesondheid
Piesangbroodjie gesondheid ››
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Gee 'n skemerkelkie 'n mooi randjie
Gee 'n skemerkelkie 'n mooi randjie ››
Stuur jou onthaalidees Stuur jou onthaalidees vir ons en ons plaas dit op ons Kykers-
onthale
 

Kliek op hierdie foto om die video te speel

Ons onthou almal hoe ons om Ouma se kombuistafel gesit het in afwagting van daardie stapeltjies genot wat sy van die stoofplaat af op die bord laai. Stroopsoet met die botter en heuning wat van die warm plaatkoekies afdrup. Karen Hart, kosredakteur van die Kuier-tydskrif, het hierdie effe anderse plaatkoekies vir ons gemaak – soutig vir ‘n heerlike, maar bekostigbare voorgereg.

(Maak ±20)

3 eiers, geskei
2 k karringmelk
2 k meelblom
1 t koeksoda
‘n knippie sout
3 t suiker
4 e gesmelte botter
Vir die boonste lagie
200 g snoek, gevlok en grate verwyder
250 g gladde maaskaas of crème fraîche
‘n handvol gekapte spriet-uie
skil van 1 suurlemoen
gekapte pietersielie (opsioneel)
gerasperde suurlemoenskil

Klits die eierwitte styf. Meng die eiergele en die karringmelk. Meng die droë bestanddele en maak ‘n holtetjie in die middel. Gooi nou die eiergeel-en-karringmelk-mengsel in die gaatjie en meng liggies totdat dit goed gemeng is. Moenie die mengsel te veel roer nie. Roer nou die gesmelte botter by en vou die styfgeklopte eierwitte in. Meng goed maar nie te veel nie. Laat nou vir ten minste vyf minute staan.

Verhit ‘n kleefvrye pan op ‘n warm stoofplaat en drup groot lepels vol op die warm plaat. Wanneer borrels op die oppervlak verskyn, kan jy dit omdraai. Wanneer dit ferm en goudbruin aan albei kante is wanneer jy die vingerpunt-toets doen, kan jy dit afhaal.

Vir die boonste lagie, meng die snoek met genoeg crème fraîche of maaskaas om dit te bind. Roer die gekapte spriet-uie by en die pietersielie as jy dit verkies (anders kan jy dit gebruik om die bord mooi te versier). Plaas die plaatkoekies op die bord, skep ‘n bietjie van die snoekmengsel bo-op en garneer met die gerasperde suurlemoenskil.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Charlene Truter
Het jy onlangs een van ons aanbieders iewers gesien? Stuur vir ons jou foto!
› Meer oor: waar is ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Stem en Wen
Die gunsteling insetsel sal weer op die webblad te sien wees.
Wat was hierdie week jou gunsteling insetsel?
Goegap se fonteine
Ossewaens bo!
Koms ons maak pakplek
KwaZulu-Natal Wyn van Oorsprong
Ons draai by akteur Stian Bam
Naam:
ePos:
Stem nou Stem uitslae
 
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development