|


Kliek op hierdie foto om die video te speel
|
Karen Hart, kosredakteur van die Kuier-tydskrif, het haar tamatiebredieresep met ons gedeel. Sy voel dat mens dikwels te bang is om so ‘n dis vir ‘n onthaal te maak, maar eintlik geniet gaste dit baie.
(Bedien 4-6)
2 gekapte uie ½ koppie water ½ t swartpeperkorrels ½ t gemaalde naeltjies 3 e olyfolie 2 kaneelstokkies 1 kg lamsnek ‘n Knoets gemmer van so ongeveer 3cm, geskil en fyngekap 1 groot knoffeltoontjie 3 steranys 7 wonderpeperkorrels 7 kardamompeule 1 groen brandrissie 2 blikke Italiaanse tamaties 1-2 e suiker 6 gekookte aartappels, geskil en in die helfte gesny 1 satsuma, in kwarte gesny (of lemoen of minneola)
Gooi die uie en die water in ‘n swaarboomkastrol met ‘n deksel wat dig kan sluit. Voeg die swartpeperkorrels en die naeltjies daarby en kook die water weg. Gooi nou die olie en die kaneelstokkies by en braai tot die uie goudkleurig is. Voeg die vleis, gemmer, knoffel, steranys, wonderpeper en kardamom by. Maak die pot dig toe, verlaag die hitte en laat dit vir sowat ‘n uur prut totdat die vleis begin sag word. Voeg nou die brandrissie, tamatie en suiker by en rangskik die satsuma in kwarte bo-op. Laat baie stadig prut sodat die geur goed kan vermeng. Wanneer jou bredie begin lyf kry, haal jy die satsuma-kwarte uit en voeg die aartappels by. Nou laat jy dit weer stadig prut. Loer gereeld in die pot om te keer dat die aartappels té sag kook. Die ideaal is om die bredie eers ‘n dag later te eet om die smaak behoorlik kans te gee om te ontwikkel.
|