|
Francina Martin, assistent-sjef by die Guardian Peak restaurant net buite Stellenbosch het haar kwartels in n kleioond gerooster die oond gee dit n heerlike rokerige smaak, maar jy kan dieselfde effek kry deur die kwartels in jou Weber te braai. Anders, bak dit in die oond.
(Bedien 4)
4 half-ontbeende kwartels Vulsel 1½ k koeskoes 1 t botter 1 k gedroogde vrugtemengsel 1 ui, fyngekap 2 t gekapte pietersielie 2 t gekapte grasuie 1 knoffelhuisie, fyngekap ½ t droλ komyn 1 t olie skil van 1 suurlemoen, gerasper Sous 1 k sojasous ½ k Worcestersous 1 e heuning 1 suurlemoen se sap 2 t olie grofgemaalde peper
Vulsel
Plaas die koeskoes in n bak met n knippie sout, peper en die botter. Gooi kookwater by totdat dit net-net die koeskoes bedek. Maak die bak toe met kleefplastiek en los vir 5 minute om te stoom. Verwyder die plastiek en meng die koeskoes deur met n vurk. Gooi die vrugtemengsel, ui, pietersielie, grasuie, knoffel, komyn, olie en suurlemoenskil by en meng goed. Gebruik die vulsel om die kwartels te stop en sit in n oondbak.
Sous
Meng al die bestanddele saam en gooi oor die kwartels.
Rooster teen 220?C vir 15 minute.
|