Pasella SABC2
Wen 'n oulike resepteboek te danke aan Exclusive Books se 'Winter Sale'. Beantwoord hierdie maklike vraag oor Amor se resep van die week.

Kry die kompetisie besonderhede hier
Piesangbroodjie gesondheid
Piesangbroodjie gesondheid ››
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Gee 'n skemerkelkie 'n mooi randjie
Gee 'n skemerkelkie 'n mooi randjie ››
Stuur jou onthaalidees Stuur jou onthaalidees vir ons en ons plaas dit op ons Kykers-
onthale
 
lente-crafts-09-voorblad

Die eerste ding waaraan mens dink wanneer iemand 'lente' sê, is sekerlik blomme. Maar, ons kan ook net soveel duur blommerangskikkings in een huis bekostig. Pasella se gasaanbieder, Christi Panagio, se raad vir 'n goedkoperuitweg is papierblomme. Dis nie net mooi nie, maar ook spotgoedkoop en hou vir ewig.

 

Jy benodig:
Gekleurde papier
Skêr
Alkantkleefband of gom

 

Begin deur ses ewe groot vierkante uit die karton te sny. Die grootte van die vierkante sal die grootte van jou blomme bepaal. Onthou ook dat die dikte van die karton die sterkte van die gom sal bepaal, indien jy nie kleefband gaan gebruik nie. Nou begin die vouwerk. Elkeen van die ses vierkantjies gaan een van die papierblom se blare vorm.

 

Die vouproses is so bietjie tegnies, so hou mooi kop en volg stap-vir-stap: Neem een van die vierkante en vou twee ooreenstemmende punte na mekaar toe om 'n driehoek te vorm. Daarna neem jy die onderste linkerpunt van die driehoek en vou dit na die boonste middelpunt van die driehoek, en so ook met die regterpunt. Jy behoort nou weer 'n kleiner vierkantige vormpie te hê. Druk die vierkantjie mooi plat om seker te maak dat al die sye en punte presies opmekaar lê.

 

Daar behoort nou ? ‘vlerkie’ aan die linker- en regterkant van die driehoekie te wees. Trek nou albei vlerkies oor en druk dit dan plat op die vierkant sodat dit amper soos twee vlieërs aan albei kante lyk.

 

Draai nou die vierkantjie om en knip die twee driehoekies wat uitsteek (bokant van die vlieërs) af en draai weer die vierkantjie om. Vou die onderste driehoek van die 'halwe' vlieërs oor sodat jy weer 'n vierkantjie het. Vou nou die vierkantjie dubbel, sodat jy weer 'n driehoek het en plak die linker- en regterkante aanmekaar vas sodat dit nie weer kan oopvou nie. Jy behoort nou jou eerste blaartjie te hê.

 

Herhaal die proses met die res van die vierkante totdat jy ses blare gemaak het. Plak daarna al ses blaartjies met die alkantkleefband aanmekaar om jou blommetjie te vorm. Ryg dit aan 'n paar droë takkies, tou of selfs deur 'n strooitjie vir 'n bietjie kleur in jou huis.

 

Kliek hier om die video te speel

lente-crafts-03
lente-crafts-04
lente-crafts-06
lente-crafts-08
Charlene Truter
Het jy onlangs een van ons aanbieders iewers gesien? Stuur vir ons jou foto!
› Meer oor: waar is ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Stem en Wen
Die gunsteling insetsel sal weer op die webblad te sien wees.
Wat was hierdie week jou gunsteling insetsel?
Goegap se fonteine
Ossewaens bo!
Koms ons maak pakplek
KwaZulu-Natal Wyn van Oorsprong
Ons draai by akteur Stian Bam
Naam:
ePos:
Stem nou Stem uitslae
 
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development