TUIS
Gebraaide perlemoen met 'n pikante sousie en kruieslaai

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

Gebraaide perlemoen met 'n pikante sousie en kruieslaai
(bedien 2)

Bestanddele: 4 perlemoene (100-120g elk) skoongemaak uit die skulp en saggemaak -(gebruik die plat kant van 'n mes en slaan 'n paar keer op die spier in die middel van die perlemoen)
2 e canola-olie
1 knoffelhuisie, fyngekap
3 e kokosroom

Sous:
1 klein bossie vars koljander
3 knoffelhuisies
3 groen rissies
2.5 e fyn suiker
6 e lemmetjiesap
2 e Thai vissous

Slaai
6 mentblare
6 basiliekruidblare
halwe koppie dun gesnyde komkommer met skil
kwart koppie boontjiespruite
2 sprietuie, opgesny

Metode:
Sit koljander, knoffel en rissies in 'n stamper en stamp tot fyn puree. Voeg by suiker, sap en vissous.
Plaas perlemoen in olie, kokosmelk en fyngekapte knoffel. Los vyf minute in die bak. Plaas op braairooster en braai 30 sekondes tot een minuut per kant tot goed gekarameliseer. Meng al die slaaibestanddele bymekaar, plaas perlemoen in sy skulp met slaai en gooi van die sous oor.



Maak seker jy lees ons aanbieders se weeklike blogs wat vanaf 1 Oktober 2008 onder Aanbiedersforum verskyn!



Kliek hier vir ons Stersoek-kompetisie




Kliek hier om ons kookboek te bestel