TUIS
Wortel- en malavalekkerkolwyntjies

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

Wortel- en malavalekkerkolwyntjies
(bedien 12)

Kolwyntjies
200 g koekmeel
125g bruinsuiker
25 g gouestroop
50 g gerasperde wortel
125 g sagte botter
½ k volroom melk
2 t bakpoeier
2 eiers
2 ml sout
10ml bakpoeier
100 g malvalekkers, gekap

Versiersel
200 g versiersuiker
125 g sagte botter
1t vanielje-ekstrak
2 ml sout

Kolwyntjies
Voorverhit die oond na 180ºC. Plaas al die bestanddele in die mengbak van ʼn voedselverwerker en meng ʼn paar sekondes op lae spoed. Verhoog die spoed en klop die mengsel ongeveer 2 minute.
Plaas 12 papierkoppies in muffinpannetjies en skep deegmengsel in. Druk drie stukkies gekapte malvalekkers in elke degie. Bak 18 minute. Laat afkoel op ʼn draadrak.

Versiersel
Klop al die bestanddele saam tot glad en romerig. Versier die afgekoelde kolwyntjies en gebruik klein eier-lekkertjies vir verdere versiering as jy wil.



Maak seker jy lees ons aanbieders se weeklike blogs wat vanaf 1 Oktober 2008 onder Aanbiedersforum verskyn!



Kliek hier vir ons Stersoek-kompetisie




Kliek hier om ons kookboek te bestel