


Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!
Eierverrassing
(Bedien 4)
100 g gepoeierde parmesaankaas
250 g geelstert, in blokkies gesny
sout, na smaak
3-6 e olyfolie
250g Parmaham, in blokkies gesny
2 k hoenderaftreksel
50 g koue botter
100 g soet ertjies
2 k kokosroom
12 basiliekruidblare
250 g gaar vermicelli
'n handvol vars pietersielie
12 gaar kwarteleiers
Voorverhit oond tot 180º C. Strooi die parmesaanpoeier 2mm dik op 'n geoliede bakplaat (vorm afhangende van voorkeur) en bak 12min. Laat afkoel.
Geur die vis met sout. Verhit
olie en braai die vis en Parmaham blokkies tot goudbruin. Hou warm.
Bring die hoenderaftreksel tot kookpunt en meng dan die botter en ertjies in. Hou warm.
Net voor opdiening, klits die kokosroom en basiliekruid met 'n handmenger totdat 'n ligte skuim aan die bokant vorm.
Om op te dien, plaas bietjie vermicelli in die middel van 'n sopbord (of volstruiseier), skep van die hoederaftrekselmengsel oor, dan van die vis en hammengsel. Rond af met kwarteleiers en vars pietersielie. Garneer met die parmesaangebak.