

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!
Ongesuurde brood
(maak 3)
175 g witbroodmeel
1 t sout
1e olyfolie
± 115 ml water
Sif meel en sout saam. Kombineer olyfolie en water. Gooi meelmengsel geleidelik in die vloeistofmengsel in en roer totdat dit 'n kniebare deeg vorm (soms is ietwat meer of minder water nodig).
Haal uit die mengbak en knie op meelbestrooide oppervlakte totdat die deeg glad en elasties is. Bedek met 'n klam doek of kleefplastiek en laat toe om ± 20 minute te rus. Verdeel in drie ewe groot dele, vorm in bolletjies en rol totdat dun, ronde sirkels vorm.
Plaas op voorverhitte nie-klewende elektriese braaipan of
gewone nie-klewende stoofpan. Braai totdat blase begin vorm en die deeg begin verkleur. Draai om en braai tot goudkleurig aan die ander kant ook.
Verwyder en geniet warm of koud.