

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!
Oondgeroosterde vye met bokmelkkaas
(bedien 6)
9 vars vye
50 g wilde roketblare
12 snytjies prosciutto*
60 ml vye- en balsamiese stroop (verkrygbaar by Woolworths)**
120 g bokmelkkaas
Voorverhit oond tot 200 ºC. Sny vye in kwarte, plaas op bakplaat en rooster ongeveer 7 - 10 minute tot vye begin sag word. Rangskik roketblare en prosciutto op borde, plaas warm geroosterde vye bo-op. Sprinkel met vye en balsamiese stroop en bokmelkkaas.
*Prosciutto is die Italiaanse woord vir ham, soos byvoorbeeld Parmaham. Dit neem enige tyd van 9 tot 18 maande om dit te maak (‘cure’) afhangende van die grootte van die ham.
**Hierdie kan met gewone balsamiese asyn vervang word.