



Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!
Geroosterde lamsboud
(bedien 6)
4 k water
3 k droë witwyn
6 naeltjies
½ ui
2 lourierblare
15 g tiemie, vasgebind met tou
15 g Italiaanse pietersielie, vasgebind met tou
1 groot lamsboud, met been aan
2 knoffelbolle, in die helfte gesny
1 groot wortel, grofgekap
1 groot prei, grofgekap
1 seldery stingel, grofgekap
2 e olyfolie
gerasperde skil en uitgedrukte sap van 1 suurlemoen
2 knoffelhuisies, fyngekap
1½t fyngekapte vars roosmaryn
1½t fyngekapte vars tiemie
growwe sout, na smaak
gemaalde swartpeper, na
smaak
1 e Maldon sout
Voorverhit oond tot 100 ºC. Gooi water en wyn in groot pot. Druk die naeltjies in die vlees van die ui. Plaas in pot, saam met die lourierblare, tiemie en pietersieliebossies. Sit lamsboud in pot en verhit saam. Prut 15 minute.
Braai die knoffelbolle met die gesnyde kant na onder totdat dit begin verbruin in ʼn pan.
Plaas dan die wortel, prei, seldery en gebraaide knoffel in 'n oondvaste bakskottel. Haal die boud uit die pot met die aftreksel en sit bo-op die groente. Meng olyfolie, suurlemoen skil en sap, knoffel, kruie, sout en peper saam. Vryf die mengsel oor die oppervlakte van die boud. Bedek met swaar foelie en bak 12 ure of oornag in voorverhitte oond.
Na 12 ure, lig die boud vanaf groente en plaas op oondpan. Sprinkel onmiddellik met Maldon sout en rooster ± 20 minute by 200 °C tot goudbruin.