TUIS
Paasbolletjie brood-en-botterpoeding

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

Paasbolletjie brood-en-botterpoeding
(bedien 6)

6 paasbolletjies
50 g sagte botter
75 g appelkooskonfyt
2 eiers
1 k melk
1 k room
160 ml versiersuiker
1 t vanieljegeursel

 

Voorverhit oond tot 160 ºC. Sny paasbolletjies in 3 snye horisontaal. Smeer elke sny met sagte botter en appelkooskonfyt. Plaas paasbolletjiesnye een vir een in oondvaste koppies, sodat daar op die einde een hele paasbolletjie in elke koppie is. Maak seker die kruis van die paasbolletjie is bo-op.
Berei die eiervla deur eiers, melk, room en versiersuiker saam te klits. Gooi oor paasbolletjies in koppies en laat toe om ongeveer 45 minute te staan voordat dit gebak word. Bak 35 minute in 'n kookwater-waterbad in ʼn voorverhitte oond of net tot gestol. Sprinkel versiersuiker oor volgens smaak en bedien.





Kliek hier om ons kookboek te bestel