TUIS
Pere in rooiwyn

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

Pere in rooiwyn
(Bedien 8)

Pasella het onthaal in 19de eeuse styl, en hierdie was een van ons smullige nageregte. Die resep is van Niel Els, hoofbestuurder van Boschendal Restaurante, is baie eenvoudig om te maak en altyd 'n treffer.

1 bottel (750 ml) goeie rooiwyn
3 k water
2 k suiker
8 pere, geskil maar met stingels nog aan
2 kaneelstokkies

Meng die rooiwyn en water in 'n swaarboomkastrol, voeg die suiker by en roer tot opgelos. Voeg die pere en kaneelstokkies by. Kook 45 minute oor stadige hitte of totdat die pere sag is. Toets nou en dan die pere om te verhoed dat dit pap kook. Verwyder die kastrol van die hitte en laat afkoel. Rangskik die pere met die stingels boontoe in 'n deursigtige bak en voeg die rooiwyn-stroop by om die pere te bedek. Bedien met geklopte room, roomys of mascarpone-kaas.





Kliek hier om ons kookboek te bestel