TUIS
Hoenderkerrie

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

Hoenderkerrie
(bedien 6)

Hierdie hoenderkerrieresep is nog een van dié wat vir Pasella deur Zainie Misbach van die Noon Gun Restaurant in die Bo-Kaap opgedien is. Pasella het gaan uitvind wat om te kook met fyn en vars koljander.

1 e olie
2 groot uie, fyngekap
1 groot tamatie, fyngekap
1 kg hoender, in blokkies gesny
1 e knoffel, fyngedruk
1 e gemmer, gekap
1 t suiker
1 t fyn koljander
1 t fyn komyn
1 t rooi masala*
1 e borrie
sout en peper na smaak
2 koppies water
3 groot aartappels, geskil en in kwarte gesny

Verhit die olie en braai uie tot gaar. Voeg die tamaties, hoender, en al die speserye by. Braai tot gaar. Voeg 1 koppie water by en prut 5 minute voor die aartappels bygevoeg word. Voeg dan die res van die water by, plaas die deksel op en kook op lae hitte tot die aartappels sag is.

* Masala is 'n geurige mengsel speserye wat in kerrie, breyani en atjar gebruik word. Daar is baie verskillende soorte, insluitende droë en nat masala. Dit is verkrygbaar by meeste supermarkte en speserywinkels.





Kliek hier om ons kookboek te bestel