
Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!
Lensiekerrie
( bedien 6-8)
Miriam Misbach, eienares van die Noon Gun Restaurant in die Bo-Kaap het vir Pasella gewys watter geregte mens kan maak met sowel vars as fyn koljander. Vir hierdie lensie- kerrie gebruik sy vars koljanderblare.
50 ml olie
2 uie, gekap
1 groot tamatie, gekap
2 e gekapte knoffel
sout na smaak
1 e suiker
2 t komyn
2 t blaarmasala*
6 heel kerrieblare
2 t borrie
1 bondel vars dhania koljanderblare, gekap**
1 k water
1 pak gekookte bruin lensies (500g)
5 groot wortels, in dik skywe gesny
250 g vars
sampioene, in skywe gesny
200 g jong murgpampoentjies, in skywe gesny
½ groot blomkool, gekap
½ rooi soetrissie, gekap
½ geel soetrissie, gekap
1 eiervrug, in blokkies gesny
Verhit olie en braai die uie oor medium hitte tot sag en bruin. Voeg die tamaties, knoffel, sout, suiker, speserye en koljander by en meng goed. Voeg dan die water by om aanbranding van die speserye te voorkom en braai vir paar sekondes. Voeg nou die lensies en wortels by en kook 30 minute tot die wortels sag is en die geure deurgetrek het. Voeg al die groentes by verlaag die hitte en kook tot dit die gewenste graad van gaarheid bereik het of ± 10 minute tot sag. Bedien op rys en besprinkel met bietjie koljander as garnering.
* Masala is 'n geurige mengsel speserye wat in kerrie, breyani en atjar gebruik word. Daar is baie verskillende soorte, insluitende droë en nat masala. Dit is verkrygbaar by meeste supermarkte en speserywinkels.
** Dhania is 'n ander naam vir koljander en is 'n standaard bestanddeel in meeste Indiese geregte. Dit kan in saad-, blaar- of takkievorm wees en die sade kan in growwe of fyn poeier gemaal word.