TUIS
Gesondheidsbrood

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

Gesondheidsbrood
(maak 2 brode)

Pasella het in Bethlehem, een van die kouer wintersplekke in die land gaan kuier. Daar het Ena Louw van die Wooden Spoon Restaurant vir Paul gewys hoe om hierdie gesondheidsbrood te maak. Dit is Ena se eie resep, heerlik met vars plaasbotter en konfyt vir die koue winter maande.

6 k ‘Nutty wheat’
1 k koekmeel
1 k rou hawermout
2 t sout
1 liter warm water
1 e heuning
1 e olie
1 pakkie droë kitsgis (10g)

Voorverhit die oond tot 180º C.
Voeg al die bestanddele saam in 'n bak en meng tot 'n gladde deeg vorm. Skep die deeg in twee gesmeerde broodpannetjies en laat dit dan ongeveer een uur in die pannetjies rys op 'n redelike warm plek. Bak een uur in die oond.





Kliek hier om ons kookboek te bestel