TUIS
Gerookte snoekmousse

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

Gerookte snoekmousse
(bedien 6)

500 g gerookte snoek
1 e suurlemoensap
1 e gerasperde ui
2 t gekapte dhanja
1 k room, styfgeklop
2 blare gelatien geweek in 2 e koue water
sout en wit peper na smaak

Verwyder die grate van die snoek en vlok die vis. Haal gelatien uit water en druk die oortollige water uit. Voeg die gevlokte snoek en gelatien saam met die res van die bestanddele in 'n voedselverwerker en meng tot glad. Skep die mousse in 'n stolvorm, uitgevoer met plastiek. Plaas oornag in koelkas.





Kliek hier om ons kookboek te bestel