TUIS
Springbokrak met kruiekors

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

Springbokrak met kruiekors
(bedien 6)

2 stukke springbok (rak met 4 ribbetjies en lendestuk)
sout en witpeper na smaak
2 e olyfolie
1-2 e korrelmosterd

Kruiekors
120 g vars witbroodkrummels
½ k basiliekruid, gekap
1 e tiemie, gekap
1 e pietersielie, gekap
1 e kruisement, gekap
3 knoffelhuisies, gekneus
sout en witpeper na smaak
2 e olyfolie

Voorverhit die oond tot 225 ˚C. Sny alle onnodige vet, velletjies en senings van die springbokrak af en maak die beentjies mooi skoon. Sny ʼn diamantpatroon op die gladde kant van die rak, vryf met sout en peper, olie en mosterd. Meng al die bestanddele vir die kruiekors tot fyn in ʼn voedselverwerker. Vryf die mengsel dan oor die rak. Seël die springbok met die kruiekors na bo in ʼn pan en bak 25 minute. Rus die vleis vir 10 minute voordat dit voorgesny word.
Bedien die gereg saam met groente van jou keuse en 'n port jus. Maak dit deur 1 koppie wildsvleisaftreksel, ½ koppie port, naeltjies en kaneel saam te reduseer.





Kliek hier om ons kookboek te bestel